top of page

Dienste

Ek werk primêr vanuit 'n Christelike perspektief. My kliënte is meestal kinders van drie tot 12-jaar, maar ek bied ook aan tieners en volwassenes berading. Elke kliënt word as 'n individu benader, daarom gebruik ek verskeie tegnieke en metodes, onder meer spel- en sandbakterapie om by elke kliënt se persoonlikheid en ouderdom aan te pas.

​

Die dienste wat ek lewer, spreek die volgende probleemsituasies en -temas aan: 

Temas en probleemsituasies wat aangespreek word:

  • Gedragsprobleme

  • Aanpassingsprobleme

  • Trauma

  • Rousmart

  • Vrese

  • Skeidingsangs

  • Boeliegedrag

  • Ouer-kindverhouding

  • Ouerleiding

  • Konflikhantering

  • Egskeiding

  • Bou van positiewe en realistiese selfkonsep

  • Probleemoplossing

  • Sosiale en emosionele vaardighede

  • Emosionele regulering

  • Verhoudingsuitdagings

  • Streshantering

  • Hospitalisering

Pryse

Die koste van 'n beradingsessie word nie op die webwerf aangedui nie. Stuur gerus 'n aanlynboodskap om hieroor navraag te doen.

​

Alida Louw Berading is 'n geregistreerde praktyk. Kliënte is self vir die kostes van hul sessies verantwoordelik en is welkom om daarna self die kostes van hul mediese fonds terug te eis.

​

Dit is raadsaam om u mediese fonds te kontak, voordat u met terapie begin, om vas te stel hoeveel sessies hulle bereid is om te betaal.

​

"Ek kan nie die verskil glo na die paar sessies nie. My seuntjie is ‘n ander kind. Waar hy gewoonlik ooremosioneel sou reageer en ‘n ‘meltdown’ kry, kom vra hy vir hulp. Tot die nasorgjuffrou sê dis asof ons ‘n ander kind het."

Anoniem

bottom of page