top of page

Meer inligting

“Wanneer jy die wêreld van kinders se spel betree, sal jy die plek vind waar hulle verstand, harte en siele ontmoet."  — Virginia Axline

Sandbakterapie

Sandbakterapie is 'n terapeutiese metode waarin 'n kliënt 'n sandbak saam met klein speelgoed gebruik  om 'n miniatuurwêreld te skep. Dit kan 'n effektiewe manier wees om kliënte te help om verskeie probleemsituasies te hanteer en om hul gevoelens in terapie uit te druk sonder dat hulle woorde nodig het. Dit word nie net vir kinders gebruik nie, maar word ook met groot sukses vir volwassenes aangewend.

 

Sandbakterapie kan uit verskeie teoretiese benaderings beoefen word. Dit is belangrik om te let dat die berader slegs die fasiliteerder van die proses is en die betekenis van die spel by die kliënt berus.

​

​

39.jpeg

Video's:

Waarom spelterapie met kinders gebruik word:

Sandbakterapie met volwassenes:

Sandbakterapie met kinders:

bottom of page