top of page

Oor My

Alida Louw

Reg. nr. PRC 0010413 | Pr. nr. 0810000489980

BBibl (PU vir CHO); HOD (PU vir CHO)
HonsBEd (Opvoedkundige Sielkunde) (PU vir CHO);

MEd (Leerderondersteuning) (NWU)

​

Ek is 'n geregistreerde berader wat 'n passie vir gesinsverhoudings het. Hoewel ek hoofsaaklik met kinders van drie tot 12 jaar werk, doen ek ook met tieners en volwassenes berading. Ek het ses jaar voltyds as onderwyseres gewerk en mettertyd besef dat ek veral in die emosionele ondersteuning van kinders belangstel. Dit het my aangespoor om in berading te spesialiseer.

​

In 'n gesin is wedersydse respek vir elke gesinslid belangrik.  Ek glo dat 'n gesin so gesond en sterk is soos die gesinslid met wie dit die slegste gaan - soos 'n ketting wat so sterk soos die swakste skakel is.  

​

Om te dink dat 'n kind (selfs 'n baba) te jonk is om deur trauma en/of konflik beïnvloed te word of dat 'n kind sy trauma sal ontgroei, is die grootste fout. Dit is vir my belangrik om voorkomend op te tree - voordat ernstige sielkundige probleme later by 'n persoon ontwikkel en die dienste van 'n sielkundige of psigiater nodig is. 

​

Ek werk primêr vanuit 'n Christelike perspektief en volg 'n verskeidenheid tegnieke en benaderings (onder meer sand- en spelterapie) om by elke kliënt aan te pas. Uit ervaring weet ek dat 'n groot verandering en verbetering (genesing) by kliënte moontlik is wanneer hulle berading met 'n oop gemoed en toewyding benader.

 

  • Facebook
Alida_edited.jpg
"Alida, ek moet vir jou dankie sê, jy het my kind baie gehelp. Hy vaar so goed in die skool -  niks meer drama in die oggend of aand nie. Hy sê skool is lekker. Ons voel baie verlig hoor! Duidelik het jy uitstekende werk op hom uitgerig."

Anoniem

bottom of page